Toegang tot die UV beperk tydens ANC Verkiesingskonferensie

0
460

LANI FOUCHÉ
Die Universiteit van die Vrystaat is in rep en roer waar voorbereidings vir die ANC se Verkiesingskonferensie gedoen word. Die konferensie skop amptelik Sondag af, maar registrasie vind reeds van dié week af plaas. Duisende ANC-afgevaardigdes sal tydens die konferensie op die Bloemfontein-kampus byeen kom, en byna 2-en-‘n-half-duisend sal op die kampus in koshuise oorbly. Die UV se Choice Makhetha sê personeel en studente wat in die volgende twee weke na die kampus moet gaan, moet spesiale akkreditasie daarvoor bekom. Sy sê gewone lede van die publiek sal nie in hierdie tyd die kampus kan binnegaan sonder akkreditasie nie