Date:
FOTO’S: Tjokkies vier Valentynsdag
Die Primêre Skool Universitas het vanjaar die liefde gevier toe hulle Vrydag vir Valentynsdag volgens die tema, In die Wolke, moes aantrek. Vlieënde kreature uit die natuur, sprokiesverhale en superhelde op hemde en rokkies het die oog gevang. Hier is Tjokkies Preprimêr se blou-klas in hul uitrustings.