Tjokkies se Magdalize as Miss Mini Teen SA gekroon

0
3568
Magdalize Myburgh

Die 12-jarige Magdalize Myburgh van Universitas Primêr is op 26 Maart gekroon as Miss Mini Teen SA 2016. Hierdie nasionale titel word reeds die afgelope 16 jaar aangebied deur Pageants SA. Sy is ook genooi om in Mei aan die Miss Teen World-kompetisie in Turkye deel te neem.
Magdalize, ‘n graad 6-leerder, het met modelwerk begin toe sy 9 jaar oud was. Sy is deur ‘n modelagentskap raakgesien terwyl sy na die plaaslike Jool-optog gestaan en kyk het. Haar eerste titel was ‘Kleine Mej. Bloemskou’ in 2014. Sy is ook ‘n Hip-Hop- en akrobatiese danser en ‘n SA trampolien-gimnas.
As deel van haar jaar as Miss Mini Teen wil sy graag by soveel moontlik gemeenskap- en liefdadigheidsprojekte betrokke raak.