Tjokkies hou deurry-opedag

0
318
Leerders van Tjokkies by die deurry-opedag. Fotos: Sazly Hartzenberg

Leerders en onderwysers van die Primêre Skool Universitas in Bloemfontein het vanoggend met maskers, en alle ander Covid -19-protokol in plek, die graad 1s van 2021 by Tjokkies verwelkom.

Die dag is gevier met ‘n deurry-opedag, waar die skoolhoof, Neels Gunter, nuwe leerders en hul gesinne by die skoolhek verwelkom het.

Graad 1-departementshoof, Janah Posthumus, het aan Bloemfontein Courant gesê omdat 2020 so anders was, het hulle besluit dat hulle steeds ‘n opedag wil hou en dit ‘n baie spesiale dag wil maak.

“Die kinders het die realiteit verloor dat hulle eintlik oppad is groot skool toe omdat die jaar so onderbreek was.”

Volgens Posthumus is die rede vir die deurry-opedag om die leerders net weer iets te gee om oor opgewonde te wees.

Sy sê hulle wou almal ‘n dag gegee het waar nuwe leerders en hul gesinne weer saam kon lag en deel wees van die Tjokkies-familie. Die leerderraad van 2020 het ook vandag die kans gekry om vir die eerste keer iets saam te doen.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za