E Copy

Date:

Tiende Munga-resies vir paramedici-egpaar

Die Munga-bergfietsresies staan bekend as een van die taaiste ter wêreld. Die 1000km-resies word in 120 uur voltooi en sluit van Suid-Afrika se mees afgeleë en uitdagende terreine in. Vanjaar se resies, wat in Bloemfontein wegspring, se eindstreep lê in Wellington in die Wes Kaap.

As gevolg van die gevare wat dié resies inhou, is dit belangrik vir mediese personeel om betrokke te wees.

Vir ’n plaaslike paramedici-egpaar, Arij en Retha van Vliet, verteenwoordig hierdie jaar se resies ’n spesiale mylpaal, hul tiende Munga.

Volgens Retha het sy en Arij oorspronklik betrokke geraak deur ER24. “Van daar af het ons die Munga begin geniet en meer betrokke geraak,” het sy vertel. “Ons doen nou nie net meer die groot Munga nie, maar ook die Grids (halwe Munga) en die verskeie Swordreekse ook.”

Arij vertel dat daar ook baie beplanning vooraf van die mediese personeel vereis word. “Ons doen vooraf die mediese, operasionele beplanning wat bepaal hoeveel mediese personeel en voertuie benodig word, en wat die kwalifikasie van die mediese personeel moet wees,” het hy verduidelik.

“Ons kyk na hospitale op die roete en watter spesialiteite hulle kan bied, sou ’n fietsryer beseer word.”

Paramedici by die resies vervul soveel meer rolle as net ‘medics’. Retha is ’n gevorderde lewensondersteunende paramedikus en dien dus as ’n kliniese mediese konsultant op die Munga-roete. “Ons as mediese personeel se rolle is meer as net ‘medics’, ons help ook op die pad om ’n fiets te herstel dat hy kan hou, en help ook met morele ondersteuning op die lang pad.”

Die uitdagings van die Munga is nie net vir die fietsryers nie, maar ook vir die personeel. “Min slaap” is vir Arij ’n groot uitdaging, asook probleme met kommunikasie tussen die berge en afstande. “Dit maak die veld wat mediese personeel moet dek, soveel meer.”

Arij en Retha keer jaar na jaar terug na die Munga vir ’n rede. “Die natuurskoon is onvergeetlik,” het Arij gesê. “Ons het reën in die Karoo beleef – dit was die eerste reën in jare wat die Karoo reën gehad het.”

Vir Retha staan die kameraderie uit. “Tussen die ryers, en die ryers en die personeel, is [die kameraderie] onvergeetlik – die vriendelike en moeë gesigte, jaar ná jaar, en die dankbaarheid vir net ’n klein bietjie koue water in die warm Karoo,” het sy vertel. “Dit voel soos een groot familiebyeenkoms. Dit is ook tyd wat jy met jouself kan deurbring, weg van die daaglikse gejaag.”

 

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Fire risk soars as Mangaung Fire Services crumble

The Democratic Alliance (DA) in the Free State has...

Bloem remains hopeful for Kamogelo’s return

On a cold winter’s morning, Monday, 9 June, the...

Arrival of soldiers from DRC delayed due to logistical issues

The South African National Defence Force (SANDF) has confirmed...

Low turnout dampens COSAFA tournament in Mangaung

The Council of Southern Africa Football Associations (COSAFA) has...