Die vrystelling van die staatskapingsverslag sal die naam van die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, in Suid-Afrikaanse geskiedenis vasmessel.
Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, sê vanmiddag se uitspraak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof, dat die verslag voor 17:00 vanmiddag bekend gemaak moet word, is ‘n oorwinning vir die gereg in die land, en sal verseker dat Madonsela vir ewig onthou sal word as iemand wat verseker het wetlikheid in Suid-Afrika word beskerm.
Venter glo dat ongeag wat in die verslag staan, dié oorwinning dalk die eerste note in die swanesang van president Jacob Zuma kan wees.
“Ek kan nie sien hoe hy hierdie ding vir ‘n baie lang tydperk kan oorleef nie. Ek dink êrens moes hy die berekening gemaak het, die einde is nou naby. Dis nader as Desember. Dis nou amper presies ‘n jaar gelede dat die ding begin skeef loop het, met die aanstelling van Des van Rooyen. Toé al, het ons voorspel die besluite wat President Zuma neem is nie volhoubaar nie, en ek dink die verslag plaas nou die seël daarop.”
The #StateCaptureReport is set to be published by 17:00 today. What do you think its contents entail?
— Bloemfontein Courant (@BfnCourant) November 2, 2016
Earl Coetzee/Courant-nuus