Thomas Ferreira moordverhoor vasgemaak

0
1444

LANI FOUCHÉ

‘n Verhoordatum vir die vier verdages wat verdink word van die moord op Tomas Ferreira verlede jaar, is vandag in die Vrystaatse Hooggeregshof vasgemaak. Patric Mabule, Hendrik van Schalkwyk, Rodger Siyale en Gilford Mahlakamatfa sal van 28 Januarie tot 8 Februarie aantaande jaar verhoor word. Aanklagte teen ‘n vyfde verdagte, Johannes Mfeku, is vroeër vanjaar teruggetrek. Van Schalkwyk, Riyale en Mabule is tans uit op borgtog, maar Mahlakamatfa word in Grootvlei Gevangenes aangehou nadat sy borgaansoek vroeër dié jaar misluk het. Die vier word daarvan verdink dat hulle ‘n Vrystaatse boer, Thomas Ferreira, verlede jaar op sy plaas, Riversford, doodgeskiet het. Sy selfoon en huissleutels is gebuit. Hy was die eienaar van die Shell-vulstasie by Tom’s Place naby Bloemfontein. Die vier staar aanklagte van moord, gewapende roof, die besit van ‘n ongelisensieerde semi-outomatiese vuurwapen en besit van onwettige ammunisie in die gesig. Regter Johann Daffue het vandag in die hof gesê die feit dat Mabule nog nie regsverteenwoordiging het nie, vertraag die hofverrigtinge, en het gelas dat die verhoor in Januarie moet voortgaan met of sonder verteenwoordiging vir Mabule. Francois Pienaar is die staatsaanklaer.