The Drifters op pad na Bloem

0
The Drifters op pad na Bloem

Die internasionaal bekende groep, The Drifters, het pas aangekondig dat hulle van 3 tot 13 April deur Suid-Afrika sal toer as deel van hul 60ste-herdenking. ‘n Besoek aan die Rosestad maak deel uit van hul reisprogram. The Drifters Diamond Dynasty World Tour sal Bloem op 10 April besoek met ‘n optrede in die Sand du Plessis-teater. Hierdie is The Drifters se eerste besoek aan Suid-Afrika in meer as 30 jaar. Die huidige groep bestaan uit Pierre Herelle, Michael Williams, Ryan King en Carlton Powell. Hulle is in 2013 deur Sony vereer met goue plate vir die eerste nuwe opnames in meer as drie dekades. The Drifters beleef hul 60ste jaar en het al weerskante van die Atlantiese oseaan en wêreldwyd reuse-treffers gehad waarvan albumverkope van meer as 114 miljoen, enkelsnitverkope van 214 miljoen en ‘n enorme trefferkatalogus onomstootbare bewys is.

Die Diamond Dynasty-wêreldtoer slaag tot dusver die heel beste daarin om die tydlose bekoring van die groep se treffers oor die afgelope 60 jaar te vier. Die huidige lede van The Drifters sal die groep se grootste treffers uitvoer, asook nuwe materiaal wat hulle opgeneem het uit die albums Five Decades and Moore en Up on the Roof. Van die treffers waaarvoor hulle oor die jare bekenheid verwerf het is "There Goes My Baby", "Baltimore","Save The Last Dance For Me" en "Some Kind Of Wonderful".
Kaartjies kos tussen R275 en R650 by Pacofs.

No posts to display