Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester, sy vriendin Nandipha Magudumana, asook ander beskuldigdes verskyn Woensdag (21/2) in die hooggeregshof in Bloemfontein vir ’n voorverhoor.
Op Vrydag 14 April 2023 het Bester in die hof verskyn toe hy aangekla is van ontsnapping uit wettige aanhouding, lykskending en bedrog. Hy is by die klagstaat van die ander vier gevoeg.
Die verkoolde liggaam van Katlego Bereng, wat eers aangerand en daarna onherkenbaar verbrand is, is in sy sel gevind. Dit is gedoen sodat Bester sy deeglik uitgevoerde ontsnapping uit die private tronk kon maak.
Bester en Magudumana is in Tanzanië in hegtenis geneem en na Suid-Afrika teruggebring. Daar is beweer nadat Bester uit die Mangaung-tronk in Bloemfontein ontsnap het, hy in weelde in Johannesburg geleef.
Bester is na die Kgosi Mampuru II-gevangenis gestuur, terwyl Magudumana na Bloemfontein gebring is waar sy op 13 April in die hof verskyn het. Sy is in aanhouding in Kroonstad.
OFM Nuus / HEIDRÈ MALGAS