Tennis-musketiers van Oranje wys hul slag

0
2127

Die drie tennis-Musketiers van Hoër Meisieskool Oranje, Liza Moolman en
die Botes-tweeling, Huibré-Maré en Louisé-Maré, het dapper hul merk in die SAS Internasionale Tennisfederasie
(1) tennistoernooi vir juniors (o.18) op Stellenbosch gemaak. Ondanks die feit dat al drie nog o.16-spelers
is, het hulle goeie seges behaal. Huibré-Maré Botes, wat sesde gekeur was vir die toernooi, en haar suster, Louisé-Maré, het albei in die enkelspel in die eerste rondte vasgeval. Huibré-Maré is deur Mikayla Morkel-Brink 6-2, 6-4 geklop, terwyl Louisé-Maré haar 6-2, 6-2 teen die Suid-Afrikaanse o.18-enkelspelkampioen en derde gekeurde Jessica Simpson vasgeloop. Die Botes-tweeling het daarvoor vergoed om as derde gekeurde paar die halfeindrondte in die dubbelspel te haal. Hulle het eers saamgespan om Maxine Bateman en Danica Bruwer 6-2, 6-0 te klop en daarna Morgan Dickason en Danielle du Plooy 6-2, 6-2. In die halfrondrondte het hulle teen die eerste gekeurde paar, Nicole Dzenga van Zimbabwe en Elizabeth Kapari van Ghana, te staan gekom en moes hulle die knie 6-2-6-3 buig. Moolman, wat nes haar ouer suster Cartieta ’n Namibiër van geboorte is, het haar eerste rondte wedstryde in die enkelspel en dubbelspel gewen. In die enkelspel het sy Mabru Uys 6-2, 6-1 geklop, maar toe haar ook Simpson 6-1, 6-1 vasgeloop. In die dubbelspel het Moolman saam met Robyn Bulmer gespeel en na die kwarteindrondte deurgedring deur die vierde gekeurder paar, Marnelle Boshoff en Sarah Sarjoo 3-6, 6-3 (10-7) te klop. In die kwarteindrondte is hulle deur Emmanuelle de Beer en Jessica Simpson 6-1, 6-0 getroef. Die enkelspeltitels is deur twee Suid-
Afrikaners, Trent Botha en Jessica Simpson, verower. Simpson het as tweede gekeurde maklik met die eerste gekeurde Jananet Koch 6-1, 6-1 klaar gespeel. Botha het stywer teenstand van Christiaan van der Burgh gekry. Botha het die stryd, wat weens reën oor twee dae beslis is 6-2, 2-6 en 6-2 gewen.