Teixeira verdagtes weer in hof

0
Teixeira verdagtes weer in hof

Owen Kock

Bloemfontein. – Vyf mans en ‘n vrou wat beskuldig word van die ontvoering van en moord op Tony Teixeira, wat op 14 Maart van sy huis in Naudeville, Welkom ontvoer is, sal vandag om borgtog aansoek doen in die dorp se Landdroshof.

Pieter Vorster, Mahlomola Dhladhla, Tsietsi Mara, Mosoatsi Tsemane, Elvis Nkhabu and Amelia Makoko word van die moord op Teixeira beskuldig. Sy liggaam is op 20 Maart langs Saaiplaasweg, Virginia, gevind. Hy is in die kop geskiet en sy arms en bene was vasgebind.

Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê hulle soek steeds na ‘n sewende verdagte.

No posts to display