Tegnologie verander hoe aanbiedings gedoen word

0
2669

Servaas de Kock

In die besigheidsomgewing is Powerpoint-aanbiedinge seker een van die mees gebruikte woorde. Ek kan my amper nie indink dat daar besighede sonder aanbiedings is nie. Daar word ure spandeer om aanbiedings saam te stel, maar nog meer tyd word opgeneem deur te reis en fisies die aanbieding te gaan doen. Baiekeer is senior personeel uit die kantoor vir ’n dag of twee vir ’n uur se aanbieding. Die aanbieding kan geregverdig word in baie terme, maar ek het onlangs ’n baie positiewe ervaring gehad van hoe tegnologie kan help om die hele proses baie goedkoper en meer koste-effektief te maak.

Daar is twee hoofkomponente wat met aanbiedings in ag geneem moet word. Eerstens is daar die feite wat op ’n geordende manier weergegee word en tweedens is daar die persoonlike element wat warmte aan ’n aanbieding gee. Tegnologie komplementeer albei hierdie komponente, maar die voordeel is dat jy nie hoef te reis nie en in die gemak van jou kantoor ‘n baie professionele voorlegging kan aanbied. Jy kan met ’n webtuiste soos join.me koppel waar jy tot nege verskillende persone kan laat inskakel op die aanbieding. Almal wat koppel, kan presies sien hoe die aanbieding op jou skerm vertoon.

Indien jy nie van die betaalde opsie wil gebruik maak nie, kan jy gratis met Skype koppel om klank aan die aanbieding te gee. Sodoende kan jy effektief weergee wat jy wil kommunikeer en ook tyd en geld spaar.

*De Kock is die Algemene Bestuurder van die Digital Platforms, webtuiste en ontwikkelingspesialiste.