E Copy

Date:

Tegnologie te blameer vir dagblad se ondergang

Die Internet en ontwikkelinge in tegnologie kan dalk die rede wees waarom die Afrikaanse dagblad, Volksblad, se deure moontlik binnekort sal toemaak.

Dr. Jan-ad Stemmet, wat ‘n boek oor die koerant se biografie tien jaar gelede bekendgestel het, sê gedrukte media regoor die land is in die spervuur omdat dit moeilik is om die Internet te klop.

Dit kom na verslae oor ’n plan van die uitgewersreus Media24 om die noordelike dagblad Beeld na die binneland uit te brei en die 110 jaar oue Volksblad af te skaal.

Stemmet sê die oudste Afrikaanse dagblad in die land is ‘n bastion van die pers en een van die belangerikste koerante in Suid-Afrika.

"Ek dink sou Volksblad wegval, dan is dit ‘n groot vinnerwyser na ons geskiedenis. Dit het niks te doen oor die kwaliteit van die koerant nie, maar dit gaan oor die byt van die tyd. Dit sal ‘n baie, baie hartseer dag wees en ‘n baie groot waarskuwing vir die totale gedrukte media in Suid-Afrika," sê Stemmet.

Hy sê ook gedrukte media regoor die wêreld sukkel omdat inligting op die Internet vinniger bekombaar en korter is.

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...