Schoemé Steenkamp van PuppeTrix skep teater vir kinders tussen 0 en 8 jaar met ‘n wye verskeidenheid produksies en werkswinkels. Sy sluit aan by Yolanda Maartens in die OFM Kunsteklop.
Sentraal-Suid Afrika kan baie trots wees op Schoemé wat onlangs as medekurator en koördineerder van die KKNK se kinderprogram aangewys is. Ons wens haar alle sterkte toe met hierdie nuwe uitdaging.
Sy werk saam met BrainTribe wat op die emosies van kinders fokus. Schoeme en haar poppe help om die neuro-ontwikkelingsprogram maklik verstaanbaar te maak vir die kleinspan deur die karakters lewe te gee.