Teater is terapie vir Xander Steyn

0
405
Xander Steyn, eienaar van The Rabbit Theatre School en X.Art.Productions FOTO: TANIA ALLEN

Teater is terapie en die lys voordele van musiekteater is oneinding. Dit volgens Xander Steyn, eienaar van The Rabbit Theatre School en X.Art.Productions. Volgens Steyn kon hy deur die jare sien hoe kinders voor sy oë ontwikkel en ontpop tot selfstandige individue met ongelooflike selfvertroue. “My studente lê my só na aan die hart en elkeen van hulle vorm deel van ‘n besonderse familie.

Ons werk as ‘n spannetjie en lag en leer almal vreeslik lekker saam,” sê hy. Steyn vertel daar word baie speletjies in die klasse gespeel wat gepaardgaan met projeksie en ruimte-ontwikkeling. Elkeen van Steyn se studente kry ook ‘n plekkie in die kollig.

By The Rabbit Theatre School is daar studente van 6 jaar tot 66 jaar oud en die klasse, volgens Steyn, kombineer musiekteater-drama, ‘n bietjie sang en baie beweging en dans om te help met selfvertroue, veral onder jongmense, veral hoërskoolleerders.

“Die produksies waarin die studente speel, word deur my geskryf en is ou feëverhale wat baie ekstra geure bykry.” Hy skryf nuwe rolle in en speel ook met tongin-die-kies komiese oomblikke wat handel oor aktuele onderwerpe in ons land. “Ek wil teater toeganklik maak vir almal; ma, sus, ouma en veral vir pa! So komedie, dink ek, is die sleutel tot hierdie. Dit blyk ook uit die groei van gehore sedert my eerste produksie in 2014,” sê Steyn.

Red Riding Hood & the 3 little pigs sal op 12 Junie 2021in die Sand du Plessisteater aangebied word. As jy, of selfs jou kind, deel wil word van hierdie produksie en teaterklasse, stuur gerus ‘n e-pos na info@xanderartproductions.co.za

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za