Tate Makgoe besoek Grey College-nasiensentrum

0
393
Vrystaatse LUR vir Onderwys, Tate Makgoe

Die Vrystaatse LUR vir Onderwys, Tate Makgoe, sal na verwagting vandag die Grey College-nasiensentrum besoek om die verpligte Covid-19-regulasies te monitor.

Mobiele klinieke sal deur die Departement van Gesondheid ontplooi word vir wanneer merkers of amptenare siek word, berig OFM Nuus.

Makgoe het die media genooi om hom op sy besoek te vergesel en bevestig dat sy departement goed vir die eksamenproses voorbereid is.

Die provinsie het 2138 nasieners, 442 eksamensentrumbestuurders, 23 sentrumbestuurders, 23 adjunk-sentrumbestuurders en 33 administratiewe ondersteuningspersoneel aangewys.

Makgoe sê dat sy departement alle veiligheidsmaatreëls ingestel het om te verseker dat daar aan die Covid-19-regulasies voldoen word en dat alle sentrums van beskermende toerusting voorsien is.

Makgoe sal na verwagting ‘n uiteensetting gee van die provinsie se gereedheid om die nasienwerk te bestuur. Dit kom nadat daar voldoen is aan die uiteengesette voorsorgmaatreëls, wat die dra van maskers, gereelde ontsmetting of was van hande en die nakoming van sosiale distansiëring insluit.

Shirndrè-Lee Simmons