Tat Botha op besonderse wyse deur Kovsies vereer

0
3216

Tat Botha, op sy dag “Meneer Rugby” by die Kovsies Rugbyklub en Vrystaatse junior rugby, het rugbyspelers en beamptes op ’n klubaand in die Shimlakamer op die kampus in Bloemfontein vermaak en inspireer met sy staaltjies en praatjie.

’n Spotprent van Botha deur die bekende sportprenttekenaar, Fred Mouton, is aan hom deur Marius van Rensburg, voorsitter van die Kovsie Rugbyklub, oorhandig en het ook ’n ereplek in die Shimlakamer gekry. FOTO: GEORG VAN ECK