Talle betogers gearresteer by Bophelo-huis in Bfn

0
Talle betogers gearresteer by Bophelo-huis in Bfn

Christal-Lize Muller

Bloemfontein – Meer as ‘n honderd gesondheidswerkers en lede van die TAC is vroeg vanoggend in Bloemfontein in hegtenis geneem. TAC-voorsitter in die provinsie, Sello Mokhalipi, sê hulle het die nag by die Vrystaatse gesondheidsdepartement se hoofkantoor, Bophelo-huis, deurgebring om hul misnoeë uit te spreek met die swak toestand van gesondheid in die provinsie.

Volgens hom het die vreedsame betogers niks verkeerd gedoen het. Die TAC beweer een van sy lede is deur die polisie aangerand tydens die arrestasies. Hulle is in hegtenis geneem omdat hulle onwettig betoog het.

Die nagwaak is die tweede sedert Junie deur die TAK na maande se pogings om met die LUR vir gesondheid Bennie Malakoane en sy amptenare te vergader.

Die TAC dring daarop aan dat Malakoane die trekpas moet kry. Mokhalipi sê die ANC se sekretarisgeneraal, Gwende Mantashe, is dringend versoek om met die TAC oor die kwessie te vergader.

No posts to display