Talitha Cumi bied gholfdag aan

0
1039
Stigter van Talitha Cumi, Mariette Boshoff

Die Talitha Cumi Safe Haven for Children doen ‘n beroep op inwoners van die Rosestad om hul hande te vat wanneer hulle op 30 April hul eerste gholfdag vir fondsinsameling aanbied by Schoemanpark.

Die Talitha Cumi House of Safety is ‘n nie-winsgewende tuiste met ‘n hart vir kinders. Vir die afgelope 12 jaar is hulle passievol aan die werk om ‘n tuiste vir hawelose kinders te word.

Volgens Loraine Gregorini van Talitha Cumi, is die doel van die gholfdag om fondse te in vir hulle kinders sowel as om twee van die huise in hul eerste village toe te rus. Die village is tans onder konstruksie en Gregorini verduidelik dat dit op die ou end uit vyf huise sal bestaan waarin agt kinders, saam met ‘n huismoeder, sal tuisgaan. Hierdie kinders sal van verskillende ouderdomme wees en sal hawelose kinders wees wat deur hulle families agtergelaat is of wat wees gelaat is.

Kaartjies vir deelname kos R400 elk en sluit toegangsgeld, middagete en heelwat pryse in. Besighede sowel gemeenskapslede kan hande vat met die organisasie deur as borg op te tree. Deur verantwoordelik te wees vir ‘n borgskap, sal sodanige besigheid by hul aangewese putjie op die baan kan adverteer. Hierdie borgskap-pakkette begin by R3000.

Gregorini sê hulle gaan ook ‘n stil veiling (silent auction) hou waar hulle besighede die geleentheid gee om produkte of geskenkbewyse te skenk. Besighede kan ook verversings vir die dag borg.

Belangstellendes wat as borge wil deelneem aan die opwindende geleentheid, kan Samuel Vermaak by 064-680-9080 skakel, of per e-pos kontak by samvermaak@crc.org.zaVir kaartjies vir die Talitha Cumi-gholfdag, skakel Schoemanpark by 051-101-0619.

Sazly Hartzenberg / sazly@centralmediagroup.co.za