Take Note hou jaarlikse konsert

0
146
Take note

Die groep Take Note wat tans in sy 4de bestaansjaar is hou hul jaarlikse konsert op Sondag 10 November om 20:00 in die Universitas-geloofsentrum.

Die gehoor kan hierdie jaar ’n hele paar splinternuwe verwerkings verwag wat die groep nooit van tevore uitgevoer het nie. Volgens, Mario Lategan, is Take Note ’n groep jong werkende mans wat ’n passie vir musiek en sang deel.

“Die idee was om iets te doen waarvoor hulle lief is en wat so bietjie sorg vir kopskoonmaak weg van die werk af en dit is tog vir almal ’n passie en ’n groot voorreg om te sing.”

Daar is tans 22 lede en die groep werf nou spesifiek lede met die oog op die 2020 Wêreldkoorspele. In 2019, het hulle by verskeie geleenthede opgetree, van ‘n damesteeparty tot ‘n korporatiewe dinee.

Die groep is weer op 23 November deel van die jaarlikse Moments-konsert. Die groep het oor die afgelope 4 jaar die verhoog met verskeie groot name soos Corlea Botha, Jannie Moolman, Jay, Bok van Blerk, Jennifer Jones en Sonja Heroldt gedeel.

Latega sê dat in 2017 het Take Note die tweede plek tydens die International Youth Music Festival in Bratislava gewen.

Kaartjies vir die jaarlikse konsert is beskikbaar by die lede of by www.phoenixpro.co.za. en ook by die deur.

https://www.youtube.com/watch?v=IWc6gZ-tH1w

https://www.youtube.com/watch?v=SV8xX6nDEOg

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za