Wednesday, August 10, 2022
Home Tags Rugbyskeidsregters

Tag: rugbyskeidsregters

Rugbyblasers vereer ná blink jaar vir Vrystaters

Ná een van die blinkste seisoene nóg vir Vrystaatse rugbyblasers is verskeie skeidsregters, oud-blasers en ander betrokke persone op die onthaal van die Vrystaatse Rugbyskeidsregtersvereniging in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein vereer. Hier is Lourens van der Merwe, die Vrystaatse toetsskeidsregter, wat die Hennie du Plooy-trofee ontvang het vir die blaser wat die meeste vordering in die eerste liga gemaak het, André Watson, hoof van skeidsregters by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Marlize Jordaan, Suid-Afrika en Vrystaat se voorste internasionale vroueblaser, wat haar Springbokbaadjie ontvang het en ’n toekenning van die Suid-Afrikaanse skeidsregtersverening ontvang het vir die blaser wat die meeste vordering gemaak het, en Albert Mocke, voorsitter van die Vrystaatse Rugbyskeidsregtersvereniging. FOTO: GEORG VAN ECK