Taakspan vra dat MT Steyn standbeeld by UV vir wyle bedek word

0
1178
‘n Taakspan van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is van plan om ‘n voorlegging aan die provinsiale erfenis hulpbron owerhede te lewer om vir tyd en wyl die standbeeld van die voormalige Vrystaatse president Marthinus Steyn te bedek.

Dit, totdat ‘n hersieningsproses om te bepaal of die standbeeld verwyder sal word of nie, afgehandel is. ‘n Groep studente by universiteit het verlede maand kapsie gemaak en gevra dat die standbeeld van die kampus verwyder word.

Die SR-president, Asive Dlanjwa, het toe aan OFM-nuus gesê dat die standbeeld nie die ideale van ‘n vry en demokratiese Suid-Afrika verteenwoordig nie.

Rektor Francis Petersen het toe spesifiek die taakspan saamgestel om na die kwessie te kyk. Die universiteit se woordvoerder, Lacea Loader, het intussen in ‘n verklaring gesê dat die taakspan besluit het om ‘n permit te bekom om sodoende die standbeeld te bedek, totdat die hersieningsproses afgehandel is.

AfriForum Jeug se Kovsies-tak en AfriForum het reeds ’n voorlegging ingedien wat die bedekking en verwydering die standbeeld teenstaan.

Chantelle du Preez, voorsitter van AfriForum Jeug se Kovsies-tak sê M.T. Steyn se standbeeld is nie net belangrik vir die Afrikaner kultuur nie, maar ook vir die Suid Afrikaanse erfenis in sy geheel.

 

Loader sê die taakspan is van mening dat indien die standbeeld bedek word sal dit die ernstigheid en dringenheid van die hersieningsproses simboliseer.

Sy sê die taakspan wil ook graag al die nodige rolspelers en belanghebbendes in die proses betrek. Loader sê hierdie rolspelers het tot vanmiddag tyd om ‘n voorleggings in te dien om aan te dui of hulle met die bedeking van die standbeeld saam stem of nie.

Mark Steenbok / OFM-nuus