BEN JANSE VAN RENSBURG
Hoe belaglik is onse Mangaung-munisipaliteit darem nie. Hulle verhoog hul tariewe om elke draai.
As jy nie betaal, dan kom jy laaste, want hulle dink hulle is nou baas van Bloemfontein. In Albatrosstraat, Fauna, is mense met laedruk-water wat sukkel om water behoorlik te gebruik. Die probleem, onse munispaliteit se waterpypherstellers het nou net mooi ’n diep gat gemaak, die water stroom al vir ’n maand die pad af, maar ai, geen lek kan reggemaak word nie.
Wie betaal vir daardie verlore water? Nou word daar straat-meterlesings gedoen en ’n skatting word gemaak. Lekker soustrein.
Daar is reeds 5 000 handtekeninge van mense wat weier om hul water en erfbelasting te betaal.
Hulle plaas die geld in ’n trust totdat die munisipaliteit besluit om werk wat so baie skade veroorsaak aan plaveilsel en mure reg te maak – as hulle kan.
Daar is nog meer wat begin saamstem. Waar gaan die munisipaliteit nou geld kry om hul salarisse te betaal, partytjies, ens. te kan hou?