Swaar weer vir Vrystaat verwag

0
682
. PHOTO: iStock

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik van swaar donderstorms en ontwrigtende reën wat moontlik tot vloede in ten minste vier provinsies kan lei.

’n Geel Vlak 2-waarskuwing vir “ernstige donderstorms, wat hael, sterk winde en swaar reënbuie insluit”, is uitgereik vir die oostelike dele van die Noord-Kaap, suidelike Noordwes, en die westelike en sentrale dele van die Vrystaat, insluitend Bloemfontein en omliggende gebiede.

’n Geel Vlak 2-waarskuwing is deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik vir swaar weer in die Vrystaat, onder andere. FOTO: X/ @SAWeatherServic

Die waarskuwing is op X, voorheen bekend as Twitter, uitgereik. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ook reën vir Bloemfontein vir die res van die week.

Saamgestel deur Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za