Die Suid-Vrystaatse Protea-rolbalspeler, Hertzog Meiring, het weer kookwater spel op die Afrikastate-toernooi opgedis om goud huistoe te bring. Hy het in die viere en driespel-spanne gespeel en in albei afdelings het die spanne die goue medalje verower. Die Suid-Afrikaanse mans het ook goud as die algehele wenners van die toernooi gebuit.