Duane Petrus
Bloemfontein. – Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein glo hy het ‘n streng boodskap teen geweld uitgestuur met die skorsing van 12 studente wat aan wangedrag skuldig bevind is.
Die studente het vroeër vanjaar betoog oor hul weiering om Lesotho-burgers, wat glo nie die nodige dokumentasie gehad het om te studeer nie, toelating te gee. SUT-woordvoerder, Dan Maritz sê die betoging het die veiligheid van mede-studente, ouers en personeel in gevaar gestel.
"Vanuit ons oogpunt is dit in kontras met die beleide van ons land. Ons word nie toegelaat om studente te registreer uit die buiteland sonder die nodige dokumente nie," het Maritz bygevoeg.
Die skorsing is vanaf 21 Julie effektief. Studente sal toegelaat word om eksamen te skryf.