SUT studente ongelukkig weens betalingskwessies

0
1089
Honderde studente van die Sentrale Universiteit van Tegnologie(SUT) in Bloemfontein het vroeer as gevolg van betalingskwessies begin staak.

Volgens die leierskap van die Studente Raad (SR), is studente ongelukkig omdat hulle nie enige akkomadasie en maaltyd toelaes sedert die begin van die eerste kwartaal vanaf die finansiële departement ontvang het nie.

Die leierskap sê klasse en toetse sal nie voortgaan totdat hulle amptelike terugvoer ontvang het oor hoe die kwessies opgelos sal word.

Hulle sê van die kwessies moes al teen verlede kwartaal opgelos wees, en dat ‘n aantal studente reeds waarskuwings ontvang het om hulle akkomodasie te verlaat.

In ‘n memorandum wat op 8 April aan die finansiële departement gestuur is vra studente dat hulle toelaes dadelik in hulle rekeninge oorbetaal word.

‘n Maandelikse limiet vir studente met beurse moet ook verhoog word. Die studenteraad vra dat hierdie kwessies op die laatste vandag aangespreek word om onrus op die kampus te vermy.

Die situasie op kampus is tans kalm terwyl studente op terugvoer wag.

Mark Steenbok / OFM-nuus