E Copy

Date:

SUT-studente in hof na beweerde saakbeskadiging

‘n Groep studente van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) se Bloemfontein-kampus sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met die hou van ‘n onwettige byeenkoms, openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

WATCH: CUT STUDENTS OFFICIALLY JOIN #Fees2017 PROTESTS

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê altesaam 15 mans en sewe vroue is gisteroggend omstreeks 02:00 in hegtenis geneem. Hulle was deel van ‘n groep studente wat as deel van die voorslepende studentebetogings oor di eland heen van dié kampus na die SABC se kantore in die stad opgetrek het.

Students of the Central University of Technology (CUT) gathered outside Bloemfontein Magistrate Court/Photo:MARK STEENBOK
Students of the Central University of Technology (CUT) gathered outside Bloemfontein Magistrate Court/Photo:MARK STEENBOK

Hy sê ‘n groep van sowat 300 betogers het na die SABC se kantoor op die hoek van Kellner- en Markgraaffstraat beweeg. Met hul aankoms het hulle die polisie met klippe bestook waarna lede van die polisie ‘n skokgranaat gebruik het om die studente uiteen te dryf.

ALSO READ:ACADEMIC ACTIVITIES AT CUT SUSPENDED UNTIL 10 OCTOBER

Marope sê die groep betogers het ook na bewering ‘n staatsbakkie, wat aan veiligheidsdienste behoort en voor die Bram Fischer-gebou gestaan het, beskadig. Verskeie vullisdromme is omgekeer.

Sover bekend is niemand in die voorval beseer nie.

CHRISTAL-LIZE MULLER

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...