Die Ixias van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie het nie net die 2014 universiteit-rugbyreeks om die FNB Varsityskild met ’n sege oor die Impi van KwaZulu-Natal begin nie, maar het ook die Ixias se sportkamer in die hoofpaviljoen van die SUT-stadion in Bloemfontein ingebruik geneem. In die sportkamer is daar ontspanningsgeriewe asook ’n spesiale vertrek waar die spelers en afrigters die TV-ontleding van wedstryde kan doen. Daar is ook ’n reusefoto van SUT se bekende oud-Springbok, André Venter, in die kamer.