SUT ’n spogrugbyklub waarop VS trots is

0
470

GEORG VAN ECK

Die Rugbyklub van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein is ’n spogklub waarop die Vrystaat baie trots is en beskik ook ’n uitmuntende afrigtingspan.

Dit is die lof wat Lindsay Mould, president van die Vrystaat Rugbyunie, SUT op die 30ste jaarvergadering van die Rugbyklub, toeswaai het. Die Vrystaat Rugbyunie se Cedric Carson, adjunk-president, asook Selvyn Colby, bestuurder amateurrugby, het ook die vergadering bygewoon.

Die feit dat SUT meer as 30 spelers aan verteenwoordigende spanne van die Vrystaat, Griekwas en Griffons, vanjaar gelewer het, getuig van die groot rol wat SUT in die sukses van die Toyota Cheetahs se streek speel.

In sy jaarverslag het die voorsitter van die klub, Lou Nieuwoudt, het dit duidelik gestel dat die klub vanjaar uitstekende gevaar het, deur die gesogte FNB Varsityskild onoorwonne te verower en die Ixias net twee van sy 24 wedstryde verloor het en dit sluit die taai wedstryde in die USSA-toernooi in. Al die ander spanne het ook goed gevaar.

Nou is die klub se visier nou op hoër louere rig. Daarom is die klub se visie en beplanning daarop gerig om vir die mededingende nasionale FNB Varsitybeker-reeks te kwalifiseer deur weer die FNB Varsityskild te wen en so outomaties op te skuif.

SUT het reeds ’n groot groep jong spelers gewerf en gekontrakteer nadat die kandidate streng toetse onder leiding van Jan du Toit, wat verbonde is aan die Vrystaatse Sportwetenskap Instituut, ondergaan het. Die sukses van die Ixias vanjaar behaal het, asook die knap werwing wat onder meer tydens die Cravenweek in Polekwane deur, Skillie Bester, Helgard Müller en André Pawson, gedoen is, het dit moontlik gemaak. georg@centralmediagroup.co.za

Die top-toekennings van SUT is: Speler van die Jaar: Frans Sisita. Beste Eerstejaar Speler; Stefan Scutte. Beste Eerstejaar Student: Jean Juke van Zyl. Klubman van die Jaar: Johan Klopper.

Die bestuur is feitlik onveranderd herkies met prof. Henk de Jager die nuwe Beskermheer en Faai Ekkerd, wat as lid van die uitvoerende bestuur verkies is. georg@centralmediagroup.co.za