E Copy

Date:

SUT in rou ná dood van SR-lid

Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein is in rou gedompel ná die skielike afsterwe van ‘n studenteraadslid.
Itumeleng Choane is Woensdag 23 Maart in Kaapstad in sy slaap oorlede. Die studenteraad was ten tyde van Choane se dood op ‘n amptelike strategiese toer by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie.
Die 25-jarige Choane was ‘n studenteraadslid met die portefeulje transformasie by die universiteit. Hy sou vanjaar sy diploma in siviele ingenieurswese voltooi het.
Die registrateur van die universiteit, Nothemba Mrwetyana, het in ‘n verklaring gesê die universiteit kan nie spekuleer oor die voorval nie.
“Ons het nog nooit voorheen ‘n tragedie soos dit beleef nie. Ons is baie geskok oor dit wat gebeur het. Ons kan egter nie spekuleer oor die voorval nie, ons sien dit as ‘n tragiese insident.”
“Ons wil ons innige simpatie aan Itumeleng se familie oordra. Ons voel die verlies saam met julle en dink aan julle in hierdie kritieke routyd,” sê Mrwetyana.
Intussen beskryf die SR-president, Solomon Khiba, Choane as iemand wat verandering wou bring.
“Hy wou daadwerklik verandering by die universiteit bring. Ons het altyd gesit en praat en hy sou altyd sê hy wil die universiteit transformeer. Dit was sy hoofdoel gewees. Ek sal hom altyd daarvoor onthou,” sê Khiba.
‘n Huldigingsdiens is gister (29 Maart) vir Choane in die BHP Billiton-gebou op kampus gehou. – Mark Steenbok
mark@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...