Suksesvolle OFM Music Marathon kom tot ‘n einde

0
110
Sipho Ramohutsi/Foto: Elsabé Richard
Die OFM-Musiekmarathon het tot n einde gekom, met die laaste van die 42km hardlopers wat vroeër die eindstreep gehaal het.

Die wenners van die half marathon in die mans afdeling was Sipho Ramohutsi met ‘n tyd van 1:09:15s.

Mxenecelwa Miya was tweede met ‘n tyd van 1:10, en in derde plek was dit Godrey Ramokone met sy tyd van 1:12:6s.

Die eerste drie wenners in die vroue afdeling was Annemie Nieuwhoudt met n tyd van 1:37:50, Eden Lindeque in tweede plek met 1:8:10 en Yolandie van Heerden derde plek met 1:38:20s.

In die 42km wedloop het Chabeli Nyedimane – wat die Vaal Marathon vroeër vanjaar ook gewen het – ‘n indrukwekkende oorwinning in 2:35 behaal, Aastasias Ontong in tweede plek met 2:42 en Mabine Lenyatsa in derde posisie met 2:43:44.

Die dapper vroue wat in hierdie kategorie top posisies behaal het was Paulina Njeya met 3:21:47; in tweede plek was Rozanne Marais met 3:47:25 en in derde plek het Elzani Lotter n tyd van 3:53:11 aangeteken.

OFM-nuus/Elsabé Richard