Suid-Afrikaanse kinderboekskrywer benoem vir Britse medalje

0
2794
Jaco Jacobs. Foto: Facebook

LAPA Uitgewers het met trots aangekondig dat die bekende Suid-Afrikanse kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, se jeugroman ‘n Goeie dag vir boomklim benoem is vir die Carnegie-medalje. Hierdie is een van Brittanje se oudste en mees prestigeryke literêre prys vir kinderboeke.

Die Carnegie-medalje word al van 1936 jaarliks deur die Chartered Institute of Library and Information Professionals toegeken.

Die jeugroman wat vir dié prys benoem is, is as wenner van die kykNET/Rapport-prys in die filmkategorie aangekondig in 2016 en die boek was ook een van die wenners van die internasionale In Other Words- vertaalprojek. Dit was nie al nie, filmregte vir die boek is toe aan M-Net toegeken.

In ‘n verklaring sê die skrywer dat die Carnegie-medalje een van die héél grotes die kinderboekbedryf is. ‘’Bloot om net daarvoor benoem te word, is vir my ’n byna ondenkbare groot eer.”

In Oktober het nog een van Jaco se boeke, Oor ‘n motorfiets, oorsee verskyn as A good Night for shooting Zombies.

LAPA Uitgewers se Miemie du Plessis het gesê dat sy soos n tiener tekere gegaan het toe sy die nuus gehoor het. ‘’Die Carnegie-medalje is enorm,’’ het sy gesê.

As mense hierdie boek wil lees, kan hulle dit by LAPA Uitgewers kry, asook in boekwinkels en aanlyn. – Sazly Hartzenberg 
sazly@centralmediagroup.co.za