Suid-Afrikaanse judo- ope kampioenskap

0
2184
Suid-Afrikaanse judo- ope kampioenskap

Isabelle Oertel (Laerskool Eunice) en Luhan Fourie (Universitas Primêre Skool), van Jannie Kruger Academy, gaan van 26 tot 28 Junie 2016 aan die Suid-Afrikaanse Judo- ope kampioenskap in Carnival City, Gauteng deelneem. Sensei Jannie Kruger 2de dan (afrigter) gaan ook deelneem aan die meestersafdeling bo 50 jaar. Sensei Herman Kruger, 1ste dan, is die afrigter en bestuurder vir hierdie deelname. Hulle gaan die Mangaung Metropolitan Judo Association verteenwoordig en het daardeur hul Mangaung Metropolitan Judo Association-streekskleure verwerf. Hier is Oertel en Fourie met Sensei Jannie Kruger en Sensei Herman Kruger agter.