Stygende gevalle van Covid-19 in Noord-Kaap-streek kwel

0
1257

Die kliniese hoof van die Dr. Harry Surtie-hospitaal in Upington, George Isaacs, waarsku dat die ZF Mgcawu-streek afstuur op Covid-verwante probleme en dat dit reeds binne die volgende twee weke kan begin handuit ruk.

Volgens OFM Nuus het Isaacs gesê die realiteit is dat dié streek, asook Namakwa, ‘n toename in Covid19-gevalle beleef en dat alle pasiënte uit die streke wat suurstof of ventilators benodig, na die Dr. Harry Surtie-hospitaal gestuur word.

Isaacs sê, soos talle ander fasiliteite, het die hospitaal ‘n beperkte aantal suurstofpunte en ventilators, en dat pasiënte dié mediese geriewe vir ongeveer 10 tot 14 dae beset – wat die opname van nuwe pasiënte dan onmoontlik maak.

Hy sê dokters is dus genoop om nou te besluit watter pasiënte by die hospitaal toegelaat word – veral soos gevalle styg.

Roderick Titus