‘n Groot groep betogende UV-studente is op die Bloemfontein-kampus deur die polisie uitmekaar gejaag. Daar word op sosiale media berig dat die kampus se hekke nou gesluit is.
‘n Student op kampus, wat verkies om anoniem te bly, sĂȘ die situasie is gespanne. Die polisie en die universiteit se beskermingsdienste is ontplooi. Berigte van inhegtenisnemings kon nog nie deur die polisie bevestig word nie.
Intussen is die akademiese program aan die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley is steeds opgeskort en sal nie vandag hervat word nie. Visekanselier Yunis Ballim, sĂȘ administratiewe dienste op die kampus gaan egter voort soos normaal. Ballim sĂȘ in die stadium is geen besluit nog geneem wanneer klasse hervat gaan word nie.
Ballim het gister terugvoer aan studenteleiers gegee nadat hulle verlede week ‘n griefskrif rakende die #FeesMustFall-inisiatief aan hom oorhandig het. In gister se vergadering het studenteverteenwoordigers ‘n paar veranderinge aan Ballim se terugvoer oor hul memorandum gemaak. Ballim sĂȘ hy is in die proses om sy voorstelle met die veranderinge wat aangebring is, deur studente gister, met die universiteitsraad te bespreek. Â -Christal-Lize Muller Â