Studente dollie Heidedal op

0
168
Die studente en kinders is trots op hul suksesvolle projek na ’n harde dag se werk.

‘n Parkie in Parishlaan, Heidedal, is ‘n lus vir die oog nadat die speelarea vir die kinders met verf opgehelder is en die gebied skoongemaak is.

Twee weldoeners van die Universiteit van die Vrystaat, Ingrid Schmutz en Sanette Schreurs, het besluit om die projek aan te pak nadat hulle besef het die gemeenskap het hulp nodig en omdat hulle ‘n verskil wou maak. “Ons wou aanvanklik net die area skoonmaak, maar te danke aan verskeie donasies van Kloppers asook individue kon ons die parkie verf en ook kos koop wat ons in die gemeenskap uitgedeel het,” het Schreurs, ‘n argitektuurstudent, verduidelik.

Kinders in die gemeenskap het kom saamverf toe
die parkie tot lewe gekom het.

Toe hulle aan die werk spring, het klomp kinders uit die gemeenskap by die parkie saamgedrom en kom hand bysit met die verfwerk. Hulle het selfs ook gehelp om vullis op te tel.

“Die projek was ‘n groot sukses en ons wil graag dankie sê aan die gemeenskap van Heidedal. Dit was goed om die geleentheid te kry om ‘n verskil te maak.” – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za