Studente bring liefde aan bejaardes

0
2166
Agter van links is Talia Delport, Karen Kingiela, Tiaan Olivier, Jonathan Adams en Arné van Heerden.Voor: Zaakirah Simjee, Sherri-Leigh Hainsworth en Arno Lamprecht met die Valentynskolwyntjies vir bejaardes.

‘n Groep derdejaar- mediese studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het hul verpligte gemeenskapsdiensjaar afgeskop deur die maand van liefde te deel met bejaarde mense. Die groep studente het kolwyntjies uitgedeel aan die inwoners van Engo, in Wilgehof, Bloemfontein.

Die groep studente is onder andere Tiaan Olivier (groepleier), Karen Kingiela, Talia Delport, Zaakirah Simjee, Jonathan Adams, Arné van Heerden, Arno Lamprecht en Sherri-Leigh Hainsworth. Ander lede wat nie teenwoordig was nie, is Zaakira Syed en Anthony Abrahamson.

“Ons wou graag die senior mense bederf omdat baie van hulle ongelukkig nie meer Valentynmaats het nie. Die groot glimlagge op hul gesigte het ons baie gelukkig gemaak. Dis maar ‘n klein dingetjie wat ons vir hulle gedoen het om hulle spesiaal te laat voel op Valentynsdag,” vertel groeplid Talia Delport.

“Ons is op die oomlik in die proses om gratis oogtoetse uit te sorteer vir die inwoners hier. Ons is ook besig met ‘n department van die universiteit, wat binnekort hier ‘n werksessie gaan aanbied. Hulle gaan met die versorgers werk en demonstreer presies hoe om bejaardes om te draai, ens. op die regte manier,” sê die leier van die groep, Olivier.

Die studente is ook besig om ‘n tuin aan te lê sodat wanneer die oumense na buite kyk deur hul vensters, hulle die mooi uitsig kan geniet. – Seithati Semenokane 
seithati@centralmediagroup.co.za