Studente bederf maatskaplike werkers

0
712
Die maatskaplikke werkers het omtrent die oggend bederf onthou FOTO: Facebook

‘n Groep studente van Qualitas Career Academy in Bloemfontein het maatskaplike werkers van die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks met ‘n oggend bederf waartydens hulle net moes ontspan.

Mans en dames is met ‘n kop-, nek-, skouer-, voet- of hand-massering bederf om dankie te sê vir die uitstekende diens wat hulle daagliks bied, ten spyte van die soms moeilike omstandighede van hulle werk.

Die hoof van die kompleks, Ockert Erasmus, het vir Tanya Rossouw, maatskaplike werker van Helpende Hand Vrystaat, gekontak om iets spesiaals aan te bied en die groep maatskaplike werkers moed in te praat en hulle ‘n kans te gee om bietjie te ontspan.

Rossouw het ingestem en dadelik werk daarvan gemaak en haar Solidariteit Helepende Hande se Bloemfontein VIA tak gekontak om iets te reël. Hulle het uit hulle pad gegaan om dit baie besonders te maak.

‘n Onvergeetlike dag is by ‘n gastehuis in die stad gehou waar die tafels mooi gedek was met heerlike eetgoed. Mariana Bibbey het ‘n motiveringspraaitjie gelewer waarby die gaste kon baat.

“Die groep mense het regtig die oggend geniet en het nie soveel moeite verwag nie.”

Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za