Strawwe stryd om VS junior sporteerbewyse

0
Strawwe stryd om VS junior sporteerbewyse

GEORG VAN ECK

Die Vrystaatse Sportmedia se jaarlikse banket vind vanjaar op 22 November by Monte Bello buite Bloemfonten plaas en soos gebruiklik sal talle eerbewyse aan sportlui op dié geleentheid toegeken word.
Op senior vlak sal die Vrystaatse Sportster asook Vrystaatse Sportvrou en Sportman van die Jaar bekroon word, terwyl sportsoorte, administrateurs en sportsoort ook vereer word.
Die Vrystaatse Sportmedia het vanjaar ’n gedugte taak gehad om die 12 Junior Meisies (ses) en Seuns (ses) van die Jaar aan te wys. ’n Groot getal junior sportlui van die Vrystaat in verskeie sportsoorte is genomineer en dit het raakvat geneem om die 34 meisies en seuns na net 12 te verminder vir die gesogte eerbewyse as die Junior Meisies en Seuns van die Jaar.
Van die sportsoorte, wat onder die oorspronklike 35 benoemdes verteenwoordig is, is: atletiek, armdruk, biathle, fietsry, hokkie, krieket, luggeweerskiet, muurbal, netbal, rugby, skaak, siloeëtskiet, pluimbal, tennis en trompoppies.
Die 14 meisies wat benoem is: Janke van der Vyfer (pluimbal), Rachelle-Mari Voges (skaak), Tasmia Jansen, Micaela Stroebel en Anna-Mart Oosthuizen (trompoppies), Busisiwe Matutu en Danél Willemse (netbal), Nieke Fichardt en Carieta Moolman (tennis), Ronél Weyers (luggeweerskiet), Nicole Walraven en Lienkie van den Heever (hokkie) en Jayme-Sue (biathle).
Die 21 seuns wat benoem is: is Paul Bester (pluimbal), Nicol Germishuys, Michael Blignaut en Daniël Stroebel (fietsry), Hlaho Rantebane, Bennie Prinsloo, Siphelo Ngqabaza en Fana Mofokeng (atletiek), Ox Nche (rugby), Bertus Kleyn, Ernie Weyers, Krynauw Nienaber en Christo Coetzee (luggeweerskiet), Pieter Mentz en Jan Theron (silhoeëtskiet), Rudi Koorsen (armdruk) Corné Dry (krieket), Theo Ferreira, Marcus Badenhorst en Philip Henning (tennis), Ruan Olivier (muurbal).

No posts to display