Strafbare manslag ondersoek na dood van bekende se seun

0
1322

‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat ‘n ongeluk gisteroggend in Heatherdaleweg, Heidedal, die lewe geëis het van die seun van die bekende liggaamsbouer Calvyn Fortuin (80).

Die 42-jarige Zane Fortuin, wat ‘n timmerman van beroep was, is op die toneel dood nadat ‘n blou Renault Sandero hom meters van sy ouerhuis getref het.

Volgens polisiewoordvoerder Ikobeng Hlubi, beweer die bestuurder van die Renault dat iemand die pad oorgesteek het en dat hy (die bestuurder) in hom vasgery het.

Fortuin Sr. is oor die land heen bekend omdat hy nog op ‘n rype ouderdom die een liggaamsboukompetisie na die ander wen.

Lees meer. https://www.bloemfonteincourant.co.za/legendariese-liggaamsbouer-verloor-seun-in-ongeluk/

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za