E Copy

Date:

Storm woed oor UV-studentedekaan

CHRISTAL-LIZE MULLER

’n Petisie teen die Universiteit van die Vrystaat (UV) se studentedekaan, Rudi Buys, word nou in die kubberruim versprei. ’n Facebook-blad, Petition against Rudi Buys, UFS Dean of Student Affairs, is op 23 Maart deur ’n “fiktiewe gebruiker” ge-open. Die blad het reeds 766 aanhangers. Op die blad skryf ’n student onder meer: “Groot vis, klein dam. Ek verneem hy (Buys) het teologie studeer. Baie moeilik om dit met sy optrede te vereenselwig.”
Intussen het verskeie belanghebbendes ook aan Bloemfontein Courant bevestig daar is groot ontevredenheid in verskeie interne en eksterne kringe oor die UV se sogenaamde vernuwingsproses by die JBM Hertzog-koshuis op die Bloemfontein-kampus. Daarmee saam word Buys gekritiseer vir sy hantering van studentesake en is daar al verskeie versoeke aan die universiteit gerig waarin daar op Buys se bedanking aangedring word.
’n Ingeligte bron, wat verkies om anoniem te bly, het aan Bloemfontein Courant gesê Buys se aggresiewe en dreigende optrede onlangs op ’n vergadering van die JBM Hertzog-koshuis, oor die sogenaamde vernuwingsproses by die koshuis, is onaanvaarbaar. Buys het op die vergadering dreigend aan koshuisinwoners gesê hy sal toesien dat verandering by die koshuis plaasvind. In reaksie hierop het Kovisie-woordvoerder, Lacea Loader, gesê die universiteit wil geen kommentaar oor die Buys-aangeleentheid lewer nie.
’n Ongelukkige ouer van ’n eerstejaarstudent op Kovsies, het in ’n brief aan Courant bevestig dat sy kind en talle ander studente ongelukkig is oor Buys. Dit is veral sy hantering van die UFS101-kursus wat deur baie studente negatief ervaar word. Volgens die ouer, wat verkies om anoniem te bly in die belang van sy kind, wil eerstejaarstudente slegs die kursus agter die rug kry. “Hul hoofrede is om van Buys ontslae te wees.”
Deel van die universiteit se vernuwingsplanne by die JBM Hertzog-koshuis is om die koshuis se naam te verander. Die naamsverandering ontlok ook baie kritiek. Die ouer sê verder die unversiteit moes tog seker voor die begin van die akademiese jaar al geweet het dat hulle JBM se naam wil verander en dit skep die indruk dat die besluit doelbewus verswyg is.
“Ek vertrou dat die unviersiteit tot sy sinne sal kom en die regte besluite sal neem en een daarvan is om Buys in toom te hou. Hy dwing geen respek af nie.” Volgens die ouers is dit teleurstellend om ’n kind aan ’n universiteit te laat studeer waar politiek meer belangrik is as akademie. “Die rassistiese kaart sal natuurlik nou deur die universiteit gespeel word, terwyl die teendeel eintlik die waarheid is. Tradisies vir ons as ouers en studente is baie belangrik, maar die universiteit gee ons geen rede om enige kontak met hom te hou nadat ons en ons kinders klaar gestudeer het nie.”

christal-lize@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Graduation season at CUT begins

The Central University of Technology in the Free State...

Shanela operations : SAPS arrest almost 13 000 nationwide

Through the high-density operations, known as Operation Shanela, the...

Higher Education Committee in FS for oversight visit

The Portfolio Committee on Higher Education started with their...

Police to investigate fatal shack fire in Bloemspruit

Residents of Phase 7 in Bloemspruit awoke to tragedy...