E Copy

Date:

Storiesmous: Fabel van die fluitspeler

Min mense sou van die dorpie Hamelin in die noordweste van Duitsland geweet het as dit nie vir die fabel oor die fluitspeler was nie.
Die storie kom uit die vroeĆ« Middeleeue toe ‘n vernietigende rotteplaag op die dorp uitgebreek het. Op ‘n dag daag daar ‘n fluitspeler op en, met sy betowerende musiek, lei hy al die rotte tot in die Weserrivier waar hulle verdrink. Toe die burgemeester weier om hom te betaal, neem hy wraak en doen dieselfde met die dorp se kinders.
Oor die jare is hierdie sprokie, met verskillende eindes, deur talle skrywers opgeteken, onder andere ook Goethe en die Broers Grimm.
Nou vertel my sussie hoe sy onlangs by hul sitkamer verbystap terwyl haar man hierdie storie vir hul kleindogter vertel. Swaer Louis het ‘n wonderlike verbeelding en klein Caratjie hang aan Oupa se lippe.
Met woeste handgebare en slop-slop-slukgeluide beskryf hy hoe die vieslike vuil water in die vlooibesmette muise se kele afloop terwyl hulle hulpeloos hoes en rondspartel. Hy trek al by die vrolike kindertjies wat fluit-fluit op pad rivier toe is agter die oom aan, toe my sussie besef: Hier kom moeilikheid. Caratjie, met haar klein hartjie, sal nóóit die kinders van Hamelin se tragiese einde kan hanteer nie.
Sy sluip saggies agter Cara se rug by die deur in. “Jy – kan – nie – dat – die – kinders – doodgaan – nie,” beduie sy. Sonder om selfs te “double take” gaan Swaer Louis aan. “Toe kom hulle by die kant van die dorp by die mooiste grasperk onder sulke groot, groen bome uit.”
“En toe Oupa?” vra Cara. “Toe sĆŖ die oom vir hulle: ‘Is julle lus vir ‘n piekniek?’ En toe skree almal: ‘Ja Oom!’ Toe blaas die oom op sy fluitjie, en raai wie kom agter die bome uit?” Cara se mond hang oop. “Niemand anders nie as MICKEY MOUSE!” Cara is sprakeloos. “En weet jy wat het hy al die tyd agter sy rug weggesteek?” Cara se oĆ« is pierings. “‘n Groot sak met genoeg Eskimo Pies vir almal.”
Goethe en die Grimms kan gaan slaap. – AlbĆ© Grobbelaar

Share post:

Popular

More like this
Related

ā€˜Text Me When You Arrive’ to tackle GBV through theatre and satire

A daring, satirical theatre production with the aim to...

Bloemfontein police seize crystal meth, mandrax in CBD

On Monday 7 July, an intelligence-led operation by Park...

Road closures towards Bram Fischer International Airport

The Bram Fischer International Airport has issued a notice...

More suspects to appear in UIF fraud case

According to the National Prosecuting Authority (NPA), more suspects...