My skoonsus kuier nou die dag hier by ons in Bloemfontein. “Proe bietjie hier,” sĂȘ sy ietwat geheimsinnig na ete die aand. Sy haal ‘n bottel uit haar tas en gee dit vir my. “Wat’s dit?” vra ek nuuskierig terwyl ek die deksel oopmaak. “Dit help vir artritis,” antwoord sy. “Rosyntjies wat in gin ingelĂȘ is.”
Ek is geen kenner van boererate nie, maar ek ken van gewrigsontsteking. My linkerpinkie is al so skeefgetrek dat ek deesdae met nog net nege vingers kan tik. Ouderdom is nie vir sissies nie. Ek sal enige raad op die proef stel, veral as daar stroopsoet rosyne en ‘n bottel jenewer by betrokke is.
Skoonsus het gehoor dat ‘n mens spesifiek donker rosyntjies mĂ©t pitte moet gebruik. Maar toe ek so bietjie op die internet rondswerf, toe verwys al die bronne na “golden raisins”, wat op die foto’s na gewone, pitlose geel rosyne lyk. Blykbaar is die jenewerbessie, waarvan gin gemaak word, en ook rosyntjies, al jare lank bekend vir hul genesende kenmerke.
In Amerika is dit, lyk my, ‘n bekende middel vir pynverligting as jy met artritis sukkel. Die “resep” het glo die eerste keer onder die publiek se aandag gekom toe ‘n radio-omroeper, Paul Harvey, in 1994 vir sy luisteraars op die ABC Radio Network daarvan vertel het. Hy het genoem dat mense al twintig jaar vroeĂ«r rosyntjies, wat in jenewer gelĂȘ het, met groot sukses vir artritispyne gebruik het.
Hoe doen ‘n mens dit? Jy gooi die rosyne oop in ‘n plat houer en dan keer jy die bottel jenewer daarop om. Moet nou nie die rosyne heeltemal verdrink nie, maar maak seker dat hulle mooi bedek is. Dan bĂȘre jy die bak oop (of met net ‘n dun lappie oor) vir ‘n paar dae tot die jenewer ingetrek en/of verdamp het. Hierna gooi jy die dikgeswelde rosyntjies in ‘n glasbottel wat lekker dig sluit.
Die dosis? Moenie vra hoekom nie, maar jy mag glo niks meer as tien per dag eet nie. En nĂĄ agt weke voel jy die resultate.
Laat net Ă©Ă©n donner lag!
Date: