E Copy

Date:

Storiemous – 15 October 2015

Wat sou die rede wees vir die verskynsel waar ’n doodgewone naam deur derduisende mense onthou en sonder uitsondering aan een spesifieke persoon gekoppel word? Wat laat iemand so uitstaan bo ander sterflinge dat sy naam alleen genoeg is om almal te laat weet wie hy is? Ek praat nie van snaakse of vreemde name of byname nie. Natuurlik onthou ’n mens ’n Pik, ’n PW, ’n Naka, Moaner, of selfs ’n Ringo makliker. Dit gaan oor ordinêre, alledaagse name.
Vat nou ’n naam soos Naas. Daar is baie Nase in ons land. Maar as jy van “Naas” praat in ’n uitdrukking soos “Het jy gehoor wat Naas sê?” dan weet almal onmiddellik wie jy bedoel. Naas is wel beroemd en hy is gereeld op die kassie, maar daar is talle ander beroemdes wat dikwels op die TV is wie se name (sonder die vanne) net nie daardie universele herkenning bring van Naas se naam nie.
Frik is nog ’n voorbeeld. Sê “Frik” en mense weet van wie jy praat, ten spyte daarvan dat daar ’n magdom Frikke is. En daar’s nog nie eens ’n liedjie oor hom geskryf nie. Mannetjies (liedjie en al) tel nie, hy’t ’n ongewone naam. Hoe het Frik dit reggekry dat sy naam so uitstaan, terwyl dit nie die geval was met soveel van sy tydgenote nie? As iemand jou in die nag wakker maak en vir jou die naam Jan, of Dawie, of Piet noem, sal jy aan Jan Ellis, Dawie de Villiers en Piet Greyling (of dalk Piet Visagie) dink? Nee. Maar ek wed jou as jy Frik se naam hoor, weet jy dadelik. (Kan jy glo dat Frik volgende maand al tagtig word? Op 28 November. Ek hoop hulle gaan vir hom ’n baie groot paartie hou.)
En dan is daar Fanus. Fanus is uniek, selfs in hierdie uitgelese groepie. Wie anders kan daarop roem dat hy ’n brief uit die buiteland ontvang het wat net sy naam en ons land op gehad het? “Fanus, Republic of South Africa”. Dis die reine waarheid. So word daar vertel…

 

Previous article
Next article

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...