Steynsrus boer in plaashuis aangeval

0
669

CHRISTOPHER MOTABOGI

‘n 60-Jarige boer van Steynsrus het die dood vrygespring toe hy gistermiddag deur ‘n man van sowat 30-jaar in sy plaashuis aangerand is.

Volgens polisiewoordvoerder, Thabo Ditabe het die boer die verdagte in sy huis betrap.

"Toe die boer hom vra wat hy in sy huis doen, het die verdagte gesê hy het hom gesoek. ‘n Geveg tussen die twee uitgebreek waartydens die boer met ‘n panga op sy wang gesteek is. Die boer het daarin geslaag om die verdagte onder te kry, waarna dié gevlug het" sê Ditabe.

Intussen, verskyn vyf verdagtes in die Bethulie landdroshof vanoggend in verband met die moord op ‘n bejaarde egpaar van die dorp. Gordon  Adams (78) en sy Lorraine (63) is verlede naweek in hul huis aangeval en met messe en pangas aangeval.

Die verdagtes het met gesteelde goedere wat aan die oorledenes behoort, gevlug.