Stal gratis uit by Sunday Craft Market

0
160
Al wat voornemende uitstallers moet doen, is om vroegtydig plek te bespreek. Angela kan gekontak word by markets@urth.co.za.

Die sukses van die Bloem Night Market, tesame met die behoefte van die gemeenskap aan handwerkstalletjies en ‘n markgeleentheid op Sondae, het aanleiding gegee tot die ontstaan van die Bloem Sunday Craft Market.

Die mark word elke Sondag gehou, behalwe in die Desember- en Julievakansie en vind plaas by die Urth Lifestyle Farm in Kenneth Kaundaweg, van 9:30 tot 14:30. Die Sondag-mark is heeltemal gratis vir besoekers en nou ook vir uitstallers wat in September wil uitstal.

Die organiseerders is gretig om nuwe stalletjies wat unieke artikels verkoop die geleentheid te gee om betrokke te raak. Van daar die besluit om alle handwerkstalletjies die geleentheid te gee om gratis uit te stal. Al wat voornemende uitstallers moet doen, is om vroegtydig plek te bespreek. Angela kan gekontak word by markets@urth.co.za.

info@bloemfonteincourant.co.za