Twee van Suid-Afrika se mees ervare spelers is terug in die Spar Protea-netbalspan vir die Drienasie-toernooi vandeesweek teen Engeland en Trinidad en Tobago in Port Elizabeth.
Die doelgooier, Chrisna Bootha en senter of middelbaan-speler, Zanele Mdodana, is terug in die groep, nadat hulle die toer na Engeland weens beserings misgeloop het.
Al drie die Vrystaters, Maryka Holtzhausen, Karla Mostert en Adele Niemand, is steeds in die span.
Op die toer het Engeland al die toetse gewen, maar die Preteas se afrigter, Elize Kotze, glo haar span is besig op die gaping tussen hulle en die topspanne ter wêreld te laat krimp en dat die terugkeer van die twee gesoute spelers haar span se kanse om Engeland, die nommer drie-span ter wêreld te klop, aansienlik verbeter.
“Chrisna bied ons meer verskeidenheid in die doelsirkel. Iets was op toe na Engeland ontbreek het. Sy is baie beweeglik en gee ons keuses tussen haar en die minder beweeglike, maar lang doelgooier, Melissa Myburgh.
Die afrigter glo ook Mdodana se terugkeer versterk die span. “Sy het ’n sterk teenwoordigheid op die baan en kan ’n groot verskil maak omdat sy met groot vertroue speel.”
Dr. Eljse Jordaan is ook in die spanbestuur ingesluit om Kotze met die afrigting van die span se aanvalle te help.
Die Drienasie-toernooi, wat reeds gister in die Baai begin het, is uitstekende voorbereiding vir die Diamant-uitdaagreeks teen die spanne van Zambië en Zimbabwe wat Sondag begin. Dieselfde Protea sal egter nie ingespan word nie omdat die studente in die span dan met eksamen besig is.
Die Spar Protea-span vir die Drienasie-toernooi is: Doele:– Chrisna Bootha, Melissa Myburgh, Maryka Holtzhausen, Lindie Lombard. Senter of Middelbaanspeler: – Simnikiwe Mdaka, Bongiwe Msomi, Zanele Mdodana, Precious Mthembu. Verdedigers – Karla Mostert, Aneret Viljoen, Nontle Gwavu, Adele Niemand.
– BLD COMMUNICATIONS