St Michael’s kry astrobaan met waterbasis

0
759
St Michael’s se nuwe astrobaan FOTO: CHARLES WHITEHEAD PHOTOGRAPHY

Die afgelope naweek het die St Michael’s-skool (SMS) vir meisies in Bloemfontein hul nuutgeboude astrobaan geopen. Eileen Ndewere, bemarkingsbestuurder van SMS het aan Bloemfontein Courant vertel dat die konstruksie van die astrobaan wat ‘n waterbasis het, op 2 Oktober 2018 begin het en op 25 April vanjaar voltooi is.

St Michael’s se nuwe astrobaan FOTO: CHARLES WHITEHEAD PHOTOGRAPHY

Ndewere het verduidelik dat daar net ‘n paar van hierdie tipe astro’s is en dat hierdie baan sal bydra nie net tot die groei van hokkie vir die skool nie, maar ook vir die hele provinsie.

“Ons sal plaaslike, provinsiale en intervarsity-toernooie hier kan aanbied,” het sy gesê.
Die skool het hul eerste toernooi die afgelope Saterdag tydens die opening gehou. Van die ouers het teen die personeel gespeel, terwyl die 1ste hokkiespan teen oud-leerders van die skool meegeding het. “Die meisies is opgewonde omdat hulle nie meer die skoolterrein hoef te verlaat vir hokkieoefening nie. Hulle is almal baie trots op St Michael’s-skool en ons nuwe astro.” – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za