Spring gou vir Naval Duiwel-wedlope

0
Spring gou vir Naval Duiwel-wedlope

Die duiwel is behoorlik los Saterdag in in die Rosestad wanneer die jaarlikse Spar Naval Duiwel van Bloemfontein Striders plaasvind.

Die Spar Naval Duiwel is nie net ’n 42.2 km-marathonwedloop inie, maar ook ’n kwalifiserende wedloop vir die twee grotes van Suid-Afrika – die Comrades en Twee Oseane.

Daarom verwag die organiseerder ’n groot getal atlete, wat almal gaan probeer om te kwalifiseer.

Behalwe die Naval Duiwel om 06:00, wat soos al die wedlope by die Bloemfontein Rolbalklub in Unielaan begin, word ’n wedloop oor 21.1 km (halfmarathon), ’n wedloop oor 10 km en die mini-Naval Duiwel, ’n pretdraf oof 5km aangebied.

Die wegspringtye en inskrywingsgeld vir die verskillende wedlope is:

Naval Duiwel 42.2 km @ 06:00 @ R90. Halfmarathon 21.1 km @ 06:15 @ R70. Wedloop oor 10km @ 06:30 @ R50 en die mini-Naval Duiwel 5km pretdraf @ 07:15 @ R30.

Atlete en deelnemers kan reeds Vrydag by Bloemfontein Rolbalklub inskryf en registreer en ook Saterdag om 05:00 voor die wedlope.

Met Spar as die nuwe Naval Duiwel borg sal daar groot gelukstrekkings wees.

Elke deelnemer wat die wedlop volooi ontvang ’n medalje.

• Die deelnemers wat die marathon votlooi ontvang ook ’n T-hemp. Meer inligting kan by Leana – 082573-7222 of Jaco – 082-416-6779 of bloemstriders@gmail.com verkry word.

No posts to display